Ek sit hier by my lessenaar. Deesdae kry ek sulke diep gedagtes... So deur die dag... sonder rede. Dis nie noodwendig verkeerd nie. Ek dink ek is besig om myself beter te leer ken en te begin aanvaar dat ek miskien partykeer bietjie anders as ander mense dink. Miskien is dit ‘n blessing in disguise, maar ek dink dit is ook iets wat soos ‘n donker wolk oor jou kop somtyds hang.
Ek is mal oor musiek. Dit is seker een van die beste geskenke van God wat vir ons op aarde gegee is (behalwe nou natuurlik suurstof, kos en water). Ek luister al heeldag Leonard Cohen. Ek ken nie sy musiek nie, maar Ronel het my interest in hom gewek. Dis seker omdat sy ‘n anderste look in haar oe kry wanneer sy van hom praat. Amper iets soos wat jy kry as jy van ‘n ou verlore vriend of sielsgenoot praat. Ek het begin luister en dadelik besef dat hierdie man definitief ‘n tortured spirit is. Ten spyte van dit is hy ook baie gelukkig aangesien hy ‘n uitlegklep vir sy mismoedigheid gekry het – sy musiek.
Omdat ek ook begin agterkom het watter mense na sy musiek luister, besef ek ook dat hy ‘n redelike melancholiese gevolg het. Die meeste van hierdie mense deel in sy “tortured spirit” en sy musiek is vir hulle ook ‘n uitweg. Ek wonder of hy besef hoeveel mense moes hy al gered het van daai laaste dodelike aksie. Vir hierdie mense beeld sy musiek nie ‘n malkolk van depressie uit nie. Liewer ‘n wete dat hulle nie alleen is nie. Hulle gedagtes is nie absurd nie en hulle emosies is geldig – miskien selfs spesiaal. Ek hoop Leonard weet hoeveel sy woorde vir hierdie mense beteken. Soos wat ‘n kollega (ook ‘n manies depressiewe goth) vandag vir my gese het: “He makes you want to sit in the corner and chew your wrists – but in a good way”...
Ek, soos iemand al aptly beskryf het is ‘n musical whore. Ek kan nie pinpoint hoekom sekere tipe musiek regtigwaar my hartsnare roer nie. Lirieke en klanke het eenvoudig net vir my ‘n spesiale betekenis. Ek voel die musiek en ek kan op ‘n manier verstaan wat die sanger gevoel het terwyl hy daardie manjifieke komposisie aanmekaargeslaan het. Tog het ek tot ‘n ander besef gekom vanmiddag. Ek was nog altyd ‘n sucker vir die tranetrekkerige liedjies – daardie liedjies wat in die helfte van die beste deel afgesit word met die boodskap: “nee man, jy gaan ons almal laat huil”. Dis nog altyd vir my snaaks gewees – dit laat nie vir my huil nie, dit wek iets in my gees op. ‘n Onbeskryflike begeertenis na die goeie dinge in die lewe. Miskien selfs die warm verlange na ‘n onbekende vriend of sielsgenoot...
In ‘n wonderlike oomblik vandag het Rod Stewart se “I am sailing” vir my ‘n treetjie nader aan een van my sielsgenote gebring.
I am sailing
I am sailing
Home again, cross the sea
I am sailing stormy waters
To be near you, to be free
I am flying
I am flying
Like a bird, cross the sky
I am flying passing high clouds
To be with you, to be free
Can you hear me
Can you hear me
Through the dark night, far away
I am dying, forever crying
To be with you, who can say
Can you hear me
Can you hear me
Through the dark night, far away
I am dying, forever crying
To be with you, who can say
We are sailing
We are sailing
Home again, cross the sea
We are sailing, stormy waters
To be with you, to be free
OH Lord, to be near you
To be free
Oh Lord, to be near you
To be free
Oh Lord, to be near you
To be free
Oh Lord.
Powerful... Meer as powerful. Ek dink dit hang van die luistenaar af wat die woorde beteken en of dit enigsins betekenis het. Ek voel asof die lirieke vir my miskien ‘n glimpse kan gee aan my pa se laaste vreedsame oomblikke. I am dying, forever crying... To be with you, to be free. Miskien is dit net lirieke, miskien is dit geskryf in ‘n drunken stupor gevul met dagga walms. Miskien... Dit maak nie juis saak nie – die sanger kan dalk net ‘n instrument in ‘n bigger picture wees. En daardie bigger picture is vir almal toeganklik. Dis jou keuse of jy die leap wil vat.